Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue van eeu terug herdenk

’n Skatkis vol kultuur-historiese onthou-inligting is saamgevat in Jeanette van Rensburg se boek Die Boervrou-gedenkboek.

Dié boek is die resultaat van Van Rensburg se doktorale studie oor die eerste Afrikaanse vrouetydskrif, Die Boervrou, wat van Maart 1919 tot Desember 1931 deur Mabel Malherbe uitgegee is.

Van Rensburg het op Dinsdag 2 April ’n kopie van haar boek, asook ’n boek wat saamgestel is uit briewe wat destyds in Die Boervrou verskyn het, tydens ’n bekendstellingsgeselligheid aan die Afrikaanse Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) oorhandig.

Van Rensburg het sedert 2007 ’n noue pad saam met dié geskiedkundige tydskrif gestap, en meen haar navorsing het haar baie oor vroue van daardie tyd geleer.

Sy het immers 154 uitgawes van die tydskrif bestudeer om meer insig en kennis oor die Afrikanervrou van die vroeë 19de eeu in te win.

Die Boervrou, wat allerweë as die voorganger van die tydskrif Sarie gesien word, is in Pretoria uitgegee. Sowat 1 000 eksemplare is maandeliks oor die land heen versprei.

Die gedenkboek, wat soos ’n tydskrif lyk en lees, ondersoek onder meer die verskillende afdelings wat in die tydskrif aandag geniet het, die sowat 600 adverteerders wat adverteer het en die briewe-afdeling.

Van Rensburg sê haar navorsing van alles rondom die tydskrif was een van die mees verrykende ervarings van haar lewe.

Sy wou met die skryf van haar boek die leefwêreld van vroue in daardie tyd na vore bring.

Lees meer oor “Die Vroutjie”, soos die tydskrif bekend gestaan het, se mode, dekor, tuinmaak en boerdery in die gedenkboek deur dit op www.dieboervrou.co.za te bestel. Dit kos R250.

  • Een leser staan die kans om ’n kopie van die besondere Die Boervrou-gedenkboek te wen deur hulle op Bloemnuus se Facebook-blad vir die kompetisie in te skryf.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.