Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vroue vertel hul stories op geselligheid

Die Fasette van Vrouwees-projek waarmee Stephanie Kilian en Gertjan Holtzhausen sedert die opvoering van die verhoogstuk Hanna vroeër vanjaar besig is, het Saterdag (03/08) vroue byeengebring.

Die idee van dié projek is met die verhoogstuk Hanna wat in die Sand du Plessis-teater opgevoer is.

Dié projek, wat in samewerking met die ATKV en Bloemnuus aangebied is, het vroue die geleentheid gegee om hul stories te vertel. Dié getuienisse is ook op die Facebook-blad Die Bloemfonteinse Gemeenskapsteater gepubliseer.

Deur die loop van die projek het Stephanie portrette van altesaam 20 vroue geskilder.

Die nuutste twee skilderye in die reeks is Saterdag op die geselligheid by 59Plenty aan Marili du Toit Starke van Vuuren en Liesel Joubert oorhandig.

Dié twee vroue het ook die geleentheid gekry om kortliks hul stories te vertel.

Stephanie en Sunel Wiehman, sielkundige, het ’n praktiese kunsterapiesessie aangebied.

’n Verjaardagkalender met van die skilderye en vroue se stories, is ook op die geselligheid bekend gestel en kan nou bestel word.

Die kalender kos R70 en kan verkry word deur ’n e-pos na GertjanH@atkv.org.za te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.