Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrynge al hoe groter en beter

Die Vrynge van die Vrystaat Kunstefees van 1 tot 7 Julie is vanjaar vier jaar oud en het oor die jare nie net in grootte gegroei nie, maar ook in statuur.

Die doel van die Vrynge is om ontluikende kunste te inspireer, platforms vir kunstenaars te skep, en innovasie te bevorder.

Die resep bly dieselfde, maar organiseerders is altyd bereid om nuwe bestanddele by te voeg.

Dit is deel van die strategie om die gemeenskapsverbintenis te versterk en Vrynge uit te brei na die breër samelewing – wat eienaarskap aan kunstenaars en deelnemers gee.

Verlede jaar het uitmuntende stukke soos Raak, Koek en tert en Rooilug hier gedebuteer en hulle toer vandag nog by feeste landwyd.

Die Vrynge skuif vanjaar na die pluimbalsaal en eksamenlokale (langs die Callie Human) op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

  • Een van die plaaslike produksies wat op die Vrynge te siene gaan wees, is Loané van Sandwyk se eenvrouvertoning Francie en haar Foon. Dit is ’n komiese stuk oor selfoonverslawing en die komiese goed wat daarmee gepaard gaan.

Loané sê ’n mens besef nie altyd watter gevare sosiale media eintlik inhou nie. “Ek het besluit om ’n teaterstuk hieroor te skryf – veral die probleem onder jong mense.”

  • Iets nuuts op vanjaar se Vrynge, is Jewels – A Ballet Collection waar plaaslike balletdansers ’n paar van die juwele van ballet gaan opvoer.
  • Die skokkende en veelbesproke Die Rypmaakkamer sal ook deel van die Vrynge vorm. Die toneelstuk is gebaseer op ware gebeure toe sewe Russiese soldate in die herfs van 1944 deur die Nazi’s in hegtenis geneem is en nakend in die rypmaakkamer van ’n klooster gegooi is.
  • Kry die volledige progamboekie teen R25 by Volksblad se ontvangstoonbank of by Checkers Money Market-toonbanke in Woodlands, Langenhovenpark, Fleurdal Mall en Mimosa Mall.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.