Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrystaatstudent wen met haar gedig in Afrikaans

’n Filosofiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is die wenner in die Afrikaanse afdeling van die nasionale Avbob-poësieprojek.

Dié projek het in vier maande meer as 20 000 inskrywings in al 11 amptelike tale ontvang.

Lynthia Julius (25) se gedig “Vir Al Jarreau” is as die wenner aangewys. Susan Smith, digter en lektor, se “Passaat” was tweede en Herman Lategan, joernalis en skrywer, se “Vir ’n bidsprinkaan” derde.

Caroline Archer van Pretoria is die wenner in die Engelse afdeling met “Puppet Master”, met Helen Moffett (“Brain MRI”) as die naaswenner en Mfundo Mthombeni (“It’s been too Long”) derde.

Die wenners in die ander taalkategorieë is Queen Mahlangu (Ndebele), Nolusindiso Penxa (Xhosa), Kutsi Mpanza (Zoeloe), Tieho Mkhendane (Sotho), Mosima Phakane (Pedi), Nthabiseng Motete (Tswana), Thembi Gwebu (Swati), Ngwedzeni Tshovhota (Venda) en Mashimbye Hluvukani (Tsonga).

Die voorgeskrewe temas was “liefde”, “hoop en vertroosting”, “geboorte”, “dood” en “verlies”.

Van die 20 774 gedigte wat ontvang is, is 3 099 op www.avbobpoetry.co.za gepubliseer. Die wenner en naaswenner se gedig in elke taal is in ’n bloemlesing,I Wish I’d Said, opgeneem.

Die Avbob-poësiekompetisie vir 2018 begin op 1 Augustus en duur tot 30 November.

  • Vir meer inligting, besoek www.avbobpoetry.co.za.

Die bloemlesing kan by www.naledi.online bestel word. – Marlene Malan

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.