Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrystaters slaggereed
Drie van Martie du Plessis se leerlinge wat van 15 tot 21 Maart gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir mense met gestremdhede se kampioenskappe wat op 17 tot 21 Maart in Stellenbosch gaan plaasvind, is hier van links Katleho Makhenne (f34: diskus, gewigstoot en spiesgooi), Naudine Booyens (f33: diskus en gewigstoot) en Buhle Mhlauli (f37 en T36: 100 m en verspring). Al drie dié leerlinge is in gr. 12.Foto: Lientjie Mentz

Daar gaan vanjaar 72 Vrystaatse sportmanne en -vroue deelneem aan die nasionale kampioenskap vir liggaamlik gestremdes wat van Sondag (17/03) tot Donderdag (21/03) in Stellenbosch aangebied word.

Talle leerlinge aan die Tswellang-skool, die Martie du Plessis-skool en die Hoërskool Sentraal gaan aan atletiek, boccia en fietsry deelneem.

Leerlinge aan die Bartimea-skool in Thaba Nchu se doelbalspanne gaan ook saam, en daar is ook twee spanne van die Motheo VOO-kollege.

Bloemfonteinse swemmers wat aan die kampioenskapsbyeenkoms gaan deelneem, is Stéfan Robberts van die Hoërskool Sentraal, sy boetie Morné van die Laerskool Willem Postma, Nachke van der Walt van die Laerskool Universitas en Marnus van Straaten van die Martie du Plessis-skool.

Johan van Heerden van Kovsies gaan ook aan die kampioenskap deelneem.

Ander Kovsie-atlete wat na die nasionale kampioenskapsbyeenkoms gaan, is Danie Breitenbach, Moeketsi Mahlatsi, Dineo Makhosoa en Louzanne Coetzee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.