Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrywilligers kan help opskep

Torings van Hoop bied elke jaar met Kersfees ’n Kersdiens en ’n gratis ete vir mense in nood by die Tweetoringkerk aan.

Om die ete op 25 Desember vir die sowat 400 mense moontlik te maak, is daar heelwat vrywilligers nodig om allerhande take te verrig.

Ds. De la Harpe le Roux van Torings van Hoop sê daar is hulp nodig om die week voor die tyd die ete voor te berei en die geskenkies te pak en heelwat mense om die dag ná die kerkdiens die kos op te skep.

Mense kan ook nog skenkings vir die ete doen – elkeen wat bedien word, kry ook ’n praktiese Kersgeskenk.

“Ons beplan om hierdie jaar koue hoender, rys en pampoen asook slaai te bedien. Nagereg is ’n groot kolwyntjie met vla en koeldrank.”

Hy sê elkeen gaan ook ’n geskenkpakkie met lekkergoed, skyfies en toiletbenodigdhede ontvang.

“Vrywilligers en almal wat wil, kan vanjaar hierdie spesiale gebeure in die Tweetoringkerk kom bywoon.

“Weet dat elkeen wat op een of ander manier help, se hulp opreg waardeer word.”

Bel Torings van Hoop se kantoor by 051-430-4274 of skakel 083-232-1051 of stuur ’n e-pos na dlh@towersofhope.org om betrokke te raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.