Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VS-spelers oorheers

Daniel Steyn, ’n leerling aan Grey-kollege, en Megan de Beer van die Hoërskool Jim Fouché, het op die afgelope Suid-Afrikaanse Junior Pluimbalkampioenskap seker gemaak dat die Vrystaat vier uit die vyf beskikbare Suid-Afrikaanse junior individuele titels verower.

Dit is van Vrydag 28 Junie tot Saterdag (06/07) in Kaapstad beslis.

Daniel het bewys hy het geen gelyke in Suid-Afrikaanse junior pluimbal in die dubbelspel nie. Hy het die titel wat hy verlede jaar gewen het, oortuigend verdedig.

Johan Kleingeld, hul afrigter, sê Megan, wat Suid-Afrika reeds op senior vlak verteenwoordig het, is ook duidelik ’n trappie of drie beter as enige ander meisiespeler in Suid-Afrika op junior vlak. Sy het die uitsonderlike prestasie gelewer om die meisies-enkelspel, dubbelspel en gemengde dubbelspel te wen sonder om ’n stel af te staan.

Megan is 15, wat beteken sy kan nog die unieke prestasie lewer om die sogenaamde drie-kuns van titels te behaal vir drie agtereenvolgende jare as sy ook in 2020 en 2021 die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskap oorheers soos vanjaar.

Met spelers soos Daniel en Megan in die span was dit nie ’n verrassing dat Vrystaat ’n gunsteling was om die spantitel te wen nie. In die spankompetisie wat uit agt wedstryde tel, kan ’n speler slegs ’n maksimum van twee speel. Daar is dus ’n premie op balans in die spankompetisie.

Vrystaat het weggespring en Boland en KZN B met 8 – 0 elk in die groepwedstryde vermorsel en dit is opgevolg deur ’n 8 – 0 oorwinning teen Noord-Kaap in die kwarteindstryd. Die span het ook ’n oorwinning van 8 – 0 teen Grens in die halfeind behaal waarna Westelike Provinsie (WP) in die eindronde gewag het.

WP beskik oor ’n gedugte span en dit is bewys toe dié span Vrystaat B met 7 – 1 geklop het.

Vrystaat se B-span het uiteindelik ’n bronsmedalje gewen en doemprofete het bespiegel dat die B-span nie opgewasse is vir die vlak van spel nie. Die span het kritici stil gespeel – veral WJ Bestbier (Hoërskool Fichardtpark) het baie goed gevaar.

In die eindronde was Vrystaat A met 0 – 2 agter, waarna hy ingehaal het tot 2 – 2 ná die enkelspel met veral Caden Kakora wat WP se nr. 1-speler goed geklop het. Weer was hulle met 2 – 4 agter ná die dubbelspel.

Met ysere wil en veral met Johann Oberholzer wat as jong speler bewys het hy kan in ’n internasionale gemengde-speler ontwikkel, het Vrystaat A teruggeveg en die telling 4 – 4 gemaak. Dit het neergekom op stelle, wat veroorsaak het dat die Vrystaat met 11 – 8 wen en die span die derde Suid-Afrikaanse Junior spantitel die afgelope drie jaar besorg het. Die Vrystaat het in die laaste nege jaar die titel sewe keer gewen.

Die Vrystaat A-span bestaan uit nege spelers, waarvan agt nog 14, 15 en 16 jaar oud is en dus vir nog minstens twee jaar in ’n oorheersende span kan ontwikkel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.