Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vul hemelruim met simfonie
’n Groot gehoor het Saterdag (14/11) in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin opgedaag vir ’n uitvoering deur die Vrystaatse simfonieorkes (FSSO) en die Vrystaatse Jeugsimfonieorkes (FSYSO). Die eerste konsert het twee weke gelede uitgereën. Die FSYSO het die gratis konsert ingelui met werke deur onder andere Noel Stockton en Arthur Feder. Die romantiese Tjelloconcerto van Camille Saint-Saëns, met Anmari van der Westhuizen as solis, het die gehoor bekoor. Daarna het die FSSO die verhoog onder die koepeltent ingeneem vir Mozart se “Serenata Notturna” en Beethoven se Simfonie nr. 1, wat die aand op ’n hoë noot afgesluit het. Alexander Fokkens was die dirigent. Die volgende tuinkonsert vind op Saterdag 5 Desember plaas. Foto: Frederick Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.