Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vullis in Rosestad bly ophoop

Terwyl die inwoners van Pellissier en Fichardtpark verlede week self moes reël om hul vullis te laat wegry, het groot dele van die stad en veral die middestad Maandag (04/11) steeds soos ’n groot vullishoop gelyk.

Vullissakke staan al die hele week al staan vullissakkeoral in woonbuurte rond en word net elke week meer.

Daar is nie net kommer oor die probleem met vullisverwydering nie, maar talle van die Mangaung-metro se vrag­motors is ook by die werkwinkel.

Op ’n vraag van DA-raadslid Fief van der Merwe het die stadsbestuurder, adv. Thankiso Mea, gesê 36 van die metro se 56 vullisverwyderingsvoertuie is vir herstelwerk gestuur, waarvan elf afgeskryf moet word.

Mea sê 20 voertuie moet al die vullis in Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Soutpan, Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus oplaai.

“Die meeste van die voertuie is oud en het al hul leeftyd oorskry. Dit is duur om hulle te herstel. Omdat baie van die modelle nie meer gemaak word nie, is die onder­dele ook moeilik verkrygbaar.”

Mea sê van die 25 voertuie wat oorbly nadat 11 afgeskryf word, is 18 vir korttermyn­herstelwerk weggestuur sodatwat wissel van onder meer waterpompe en bande herstel kan word terwyl sertifikate van padwaardigheid bekom moet word hulle padwaardig is, ook bekom moet word.

Die res is vir langtermynherstelwerk weggestuur.

Met die voertuiglisensies wat ook hernu moet word, kan dit tot twee weke duur voordat hulle weer op die pad is.

Hy sê sewe van die voertuie sal dalk nie herstel kan word nie omdat onderdele onverkrygbaar is.

Van al die voertuie wat weggestuur is, is die kortste tydperk waarin hulle herstel kan word glo vier ure, terwyl die langste tydperk sewe maande is.

Ses tot nege mense is nodig om elke vullisverwyderingsvoertuig te beman.

Mea sê daar word hard gewerk om die agterstand in vullisverwydering uit die weg te ruim. Planne is hiervoor in plek.

Dié week is daar egter min daarvan in die stad te sien.

Bloemnuus het navrae oor vullisverwydering aan Qondile Khedama, kommunikasiebestuurder van die Mangaung-metro, gestuur, maar teen druktyd is geen terugvoering ontvang nie.

Hans Britz, DA-raadslid, het Donderdag (31/10) op ’n raadsvergadering gesê hy meen die stad se vullisverwyderingsdiens moet privatiseer word.

  • Altesaam 22 lede van die groep Trots Pellissier het Saterdag (02/11) van 08:00 tot 09:00 vier van die verkeerseilande in Pellissierrylaan naby die Windmill Casino skoongemaak.

Die groep gaan weer op 23 November inspring en nog munisipale verkeerseilande skoonmaak.

Basie Botha, een van die lede wat met die skoonmaakprojek gehelp het, sê wanneer vullissakke lank nie verwyder word nie, die vullis ophoop en van daar af net nog verder versprei. is dat daar net nóg meer vullis die wêreld vol lê.

Dit maak ’n skoonmaakprojek soos dié van Trots Pellissiereen maal ’n maand aanpak, ’n reuse-taak. en hulle hoop meer mense sal volgende keer handjie kom bysit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.