Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vullis pla hier

Ek woon in Fichardtpark-noord en sien elke week hoe mense hul tuin- en huishoudelike vullis voor ons huis op die hoek van Jacksonweg en Du Plooysingel stort.

Hulle doen dit nie net op Donderdae wanneer die munisipale vullisverwydering plaasvind nie, maar ook op Dinsdae.

Die sakke word dan deur sakgrawers geskeur en die vullis lê in ons tuin rond en lok vlieë.

Soms betaal ons iemand om die sakke weer toe te bind en die gemors op te tel, maar meestal doen ons dit self.

Kan mense nie asseblief net hul vullis voor hul eie huise hou en self vullis voor hul huis optel nie? Onthou net, die munisipaliteit verwyder nie tuinvullis van woonerwe af nie.

Hou ons buurte skoon en hou jul vullissakke op jul eie sypaadjies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.