Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vullisterreine vaar vrot

Geen van die 20 vullisterreine wat in die Vrystaat geoudit is, voldoen aan nasionale standaarde nie.

AfriForum het vanjaar 127 vullisterreine in al nege provinsies geoudit as deel van sy nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (59 van 2008), moet ’n stortings­terrein aan bepaalde vereistes voldoen.

In dié oudit het Bloemfontein-Noord slegs 10% gekry en Bloemfontein-Suid 14%.

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir stortingsterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining en rehabilitasie in.

’n Stortingsterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland-Streek, is die meeste stortingsterreine in die Vrystaat in ’n haglike toestand.

“Al die stortingsterreine wat geoudit is, is in ’n slegte toestand – slegs een stortingsterrein (Winburg) het meer as 50% behaal. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan swak bestuur deur die munisipaliteite, en regulasies en wette wat nie toegepas word nie.

“In sommige gevalle is daar terreine wat geensins in stand gehou word nie.”

Nel sê voorts die afwesigheid van afvalbestuurslisensies, mediese afval wat onwettig op die terrein gestort word, asook swak kontrole en bestuur van die terreine is van die grootste probleme wat AfriForum met dié oudit opgemerk het.

AfriForum-takke sal druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.