Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
VVA gee hoop vir môre

“As ons terugkyk oor die 110 jaar van Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) se bestaan, is die emosie wat by ’n mens opkom een van dankbaarheid.”

Met dié woorde het Darien Oosthuizen, direkteur van VVA, op ’n spesiale geselligheid wat Vrydag (03/08) by A Lodge in Groenvlei aangebied is, gesels oor die geskiedenis, hede en toekoms van dié organisasie.

Die organisasie is 110 jaar gelede as die Oranje-Vrouevereniging gestig en lewer vandag steeds ’n waardevolle bydra om nood in gemeenskappe oor die Vrystaat heen te verlig.

“Die stigters het destyds met die stigting van die organisasie die nood gesien en met groot waagmoed en groot geloof ’n reuse-taak aangepak. So moet ons ook die waagmoed hê om bekende terrein te verlaat en by nuwe omstandighede aan te pas.

“Vandag is die VVA ’n dinamiese organisasie wat mense van alle ouderdomme – van die wieg tot die graf – bystaan.”

Dit sluit in die versorging van kinders met die hulp van 16 maatskaplike kantore oor die provinsie heen waar gewerk word met gevalle van kinderverwaarlosing en mishandeling, straatkinders en 4 161 kinders in pleegsorg.

Daar is 1 300 kinders wat 12 verskillende dagsorgsentrums oor die provinsie heen bywoon en meer as 18 000 kinders is bereik met ’n spesiale poppespel.

Hulpverlening sluit in dat meer as 17 263 mense kospakkies, klere en ander benodigdhede ontvang en kos aan 1 352 mense by sopkombuise oorhandig word.

Byna 27 000 mense is met die VVA se bemagtigingsprojekte bereik.

Oosthuizen sê die werk is alles te danke aan die 765 personeellede en 700 vrywilligers. Sy sê van die groot uitdagings wat die VVA te bowe moet kom, is finansiële bronne wat skaarser word en die tekort aan vrywilligers.

“Daarteenoor het ons ’n Goddelike roeping om ons naaste te dien. Ons kan nie ons taak verrig sonder die waardevolle bydrae van die korporatiewe wêreld, die regering en die media nie.

“Op hierdie 110de verjaardag moet ons hoop omarm.”

Die hoofspreker was skrywer, motiveringspreker en sake- en sport-mentor Myan Subrayan.

Subrayan het gesê hy bring ’n boodskap van hoop. Hy sê hoop gee ’n mens ’n beter toekoms.

Hy sê toe hy as motiveerder van die Leeus se rugbyspan begin optree het, nadat hulle deur ’n baie moeilike tyd gegaan het, het hy vir hulle gesê dat hy nie aan hulle gaan leer om suksesvol te wees nie.

“Ek gaan julle leer hoe om mislukking te hanteer,” het hy gesê.

Met verwysing na sy boek, Tamatiestraat, sê hy ’n mens beleef meer mislukkings as sukses.

“Vanuit jou grootste verwerping kan die grootste oorwinning kom.”

In sy boek moedig hy mense aan om die lewe se uitdagings vreesloos aan te pak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.