SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Ware Kersfees is om ander te help

Kersfees is ’n tyd van gee. In ’n tyd waar die ekonomie druk en Suid-Afrikaners by die dag verarm, was daar nog nooit ’n beter tyd om na jou medemens uit te reik nie.

Dit is met hierdie uitgangspunt dat Bloemnuus, De Oude Kraal-landgoed en talle plaaslike kunstenaars eerskomende naweek hul harte oopmaak met die eerste Vrystaat-Kersfeesfees.

Die spesiale geleentheid wat op 1 Desember om 16:30 op die landgoed gehou word, is ten bate van die Mooihawe-versorgingsoord in die stad.

Marie en Gerhard Lombard, eienaars van die landgoed, sê die projek het veral op hul harte gedruk nadat hul goeie vriendin Louise Klopper onlangs oorlede is.

“Louise het haar die laaste paar jaar beywer om geld vir die oord in te samel en sodoende inwoners wat geldelik swaarkry te ondersteun. Ons en ander belanghebbendes het besluit om Louise se toegewyde poging om in die gemeenskap terug te ploeg as deel van haar nalatenskap voort te sit,” sê Marie.

Die verrigtinge begin amptelik om 17:00 met ’n kosdemonstrasie. Om 19:00 begin die Kerskonsert met kunstenaars soos Mario Lategan, PDA Band, Cézanne Yzelle, Thabo Hlongwane en vele meer.

Die aand sluit verder ’n kos- en ’n wynproegeleentheid in. Daar sal ook ’n De Oude Kraal Kersgeskenkdeli, jenewer- en mikrobier-stalletjies wees. So, trek wit aan met ’n tikkie rooi en begin jou feesseisoen op ’n hoë noot.

Kaartjies kos R250 en kan by phoenixpro.co.za bespreek word. Vir meer inligting bel De Oude Kraal by 051-564-0636.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.