Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Water in gedrang

Terwyl die Mangaung-metro stappe doen om munisipale skuld in te vorder, dreig Bloemwater om Sondag (08/09) die stad se water met 30% te verminder oor die geld wat die metro hom skuld.

Die metro het die afgelope tyd drastiese stappe gedoen deur water- en elektrisiteitsvoorsiening na regeringsgeboue soos die Fidel Castro House, asook die water­voorsiening na 410 skole in die stad, te staak in ’n poging om munisipale skuld van bykans R700 miljoen in te vorder.

Qondile Khedama, die metro se kommunikasiebestuurder, het by navraag gesê: “Die metro gaan voort om mense wat geld skuld se dienste te ontkoppel.”

Die metro se finansiële kwartaalverslag is Vrydag (30/08) op die raadsvergadering voorgelê.

Oor die verslag (vir die kwartaal wat op 30 Junie geëindig het) het Hans Britz, DA-raadslid en voor­malige finanshoof, gesê die miljoene rande wat die metro te veel vir oortyd betaal, is skokkend in die lig van sy onlangse af­gradering deur die internasionale kredietgradeerder Moody’s.

Britz het gesê dat die betaling vir oortyd wéér die begroting oorskry; hierdie keer met R45,7 miljoen. Sowat R97,9 miljoen is vir uitgekontrakteerde dienste betaal, waarvan R53,1 miljoen (54%) aan maatskaplike dienste bestee is.

Hy het gesê R177,6 miljoen is aan konsultasiedienste bestee.

Wat skokkend is, is dat die metro net R950 miljoen (70,4%) van die kapitaalbegroting kon bestee, sê hy. Die staat het R870,9 miljoen se toelae beskikbaar gestel en die metro het R655,7 miljoen daarvan bestee.

“Wat verstommend is, is dat daar op 30 Junie net R131,9 miljoen in die bank was, terwyl die metro se gemiddelde uitgawes per maand R557,5 miljoen beloop.”

Volgens hom het die uitstaande krediteure op 30 Junie luidens die verslag R427,7 miljoen beloop, maar hy dink nie dié bedrag is korrek nie. Hy sê die uitstaande debiteure was op 30 Junie R6,07 miljard en R3,4 (57%) van die totale skuld is al vir 12 maande of langer uitstaande is.

  • Al die opposisiepartye het teen die verslag gestem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.