Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Waterinkorting dreig

Die impak van die koronavirus in die Mangaung-streek kan vererger as die munisipaliteit die sukkelende Bloemwater nie voor 10 April betaal nie.

As dié betaling nie gedoen word nie, kan waterlewering aan die metro drasties ingeperk word, sê Rossouw Botes, DA-raadslid van die metro belas met water.

Hy wys daarop dat die water­rekening, wat glo tot R760 miljoen beloop, nie betaal word nie – en dit terwyl Bloemwater se geldsake in duie stort.

Dr. Limakatso Moorosi, uitvoerende hoof van Bloemwater, het onlangs op ’n mediakonferensie gewaarsku hulle kan op ’n dag net ophou om water vir munisipaliteite te onttrek en dit te suiwer.

Bloemnuus verneem Bloem­water is nou op ’n kritieke laagtepunt omdat drie munisipaliteite – Mangaung, Kopanong en Mantsopa – hom nou al meer as R1 miljard skuld.

Botes sê hy het betroubaar verneem die metro het sedert September verlede jaar nog geen dooie sent aan Bloemwater betaal nie.

Sisi Ntombela, premier, lei ’n provinsiale taakspan betreffende die koronavirus.

wat sy namens die provinsie leiDié span het Vrydag (20/03) met die bestuurslui van Bloem­water en adv. Mzwakhe Mofokeng en Thomas Mkaza, die twee administrateurs van die metro, vergader.

Gegewe die noodsaaklikheid van goeie higiëne gedurende die pandemie het hulle gevra dat die lewering van water nie ingekort moet word nie.

“Hulle het belowe waterlewering sal nie verminder word nie, terwyl die Vrystaatse provinsiale regering iets aan Bloemwater sal oorbetaal. Die metro het ook onderneem om ’n deel van die gelykberegtingstoelae aan Bloemwater oor te betaal sodra hy dit kry.”

Mkaza en Qondile Khedama, hoofbestuurder van kommunikasie vir die metro, het by navraag gesê die metro stel nou ’n plan van aksie op vir die tydperk van inperking. Sodra dit gereed is, sal dit behoorlik gekommunikeer word.

Lele Mamatu, woordvoerder van die kragverspreider Centlec, sê kragverskaffing is deel van noodsaaklike dienste en geen onderbrekings word in die 21 dae wat die inperking gaan duur, verwag nie.

“Mense kan steeds by kettingwinkels, vulstasies en aanlyn by banke voorafbetaalde krag koop.”

Hy is nie seker oor beurtkrag nie, omdat Eskom beurtkrag instel en nie Centlec nie. Mense met probleme kan 086-007-6937 skakel.

Verder word betroubaar verneem dat vullisverwyderaars op ’n sloerstaking is omdat hulle eers vir die koronavirus getoets wil word sodat hulle kan weet wie gesond is om te werk.

Hulle wil ook beskermende klere, maskers en ’n gevaar­toelaag hê.

Botes sê Sello More, hoof van vullisverwydering, het laat weet die vullisverwyderaars sou weer Woensdag (25/03) begin skoonmaak.

Een van die werkers het laat weet elkeen van hulle word met ’n masker toegerus, maar hulle beskou dit as onvoldoende.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.