Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wedloop vervang
CityRun vervang van 27 April die parkrun op Naval

Die Mangaung-metro het op 2 April amptelik toestemming gegee dat CityRun voortaan elke Saterdag tussen 07:00 en 09:00 ’n 5 km-wedloop op Naval Hill mag aanbied.

Die toestemming aan CityRun, onder leiding van Leon Engelbrecht, beteken dat dié wedloop die parkrun op Naval Hill sal vervang.

Jan van der Merwe, een van die sowat 30 vrywilligers wat sedert die onttrekking van parkrun voortgegaan het om elke Saterdag ’n infor­mele Coffee Run-wedloop op Naval Hill aan te bied, sê pogings deur eksterne partye om die saak tussen die vrywilligers en parkrun Suid-Afrika te bemiddel, was onsuksesvol.

“Bloemfonteiners wat graag met parkrun wil voortgaan, kan dit steeds by Langen­hovenpark of Heidedal doen,” sê Van der Merwe.

’n CityRun-wedloop word Saterdag (13/04) en op 20 April om 07:00 informeel aangebied en geen amptelike tye gaan geneem word nie.

Op 27 April om 08:00 word CityRun bekend gestel en deelnemers sal hulle kan registreer sodat hulle hul amptelike tye deur die sosiale media kan ontvang. Die wedlope sal deur Discovery Vitality erken word. Deelnemers sal ook mylpale deur CityRun kan behaal.

Van der Merwe sê die doel van CityRun is om ’n professionele diens aan die draf- en stap-gemeenskap te lewer.

“CityRun gaan ’n vriendelike, veilige omgewing skep waarin almal welkom sal voel.”

Rig navrae aan Engelbrecht by 082-920-3639.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.