Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wedlope saam met mark gehou

Die eerste geleentheid in die Trailrun Series waarby die Volksblad-groep as media-borg betrokke is, het Saterdag (01/09) in die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin plaasgevind.

Llewellyn Human-Reto was die wenner in die 4 km-wedloop in ’n tyd van 23:39 terwyl Reza Coetzee die eerste vrou in die ope-afdeling in ’n tyd van 28:17 was.

In die wedloop oor 8 km was Pitso Meko April die manswenner met ’n tyd van 37:52, en in die vroue-afdeling het Anka Viljoen die roete in ’n tyd van 53:59 voltooi.

Op die Trailrun Series se puntelys beklee Anastascius Ontong die eerste plek met 24 punte in die mans-afdeling, April is tweede (13 punte), Franz Homsek derde (12), Katlego Maruping vierde (11) en Xavier Adams (9).

Op die vroue se puntelys is Tara-Lea van Zyl eerste (34 punte), Helen Cawood tweede (13), Reanda van Pletzen derde (13), Anika Viljoen vierde (13) en Pulina Njeya vyfde (9).

Die volgende Trailrun-geleentheid is op 15 September op die terrein van die Oliewenhuis-kunsmuseum.

Volg die Trailrun Series op die Facebookblad Trailrun Series of besoek die webwerf trailrunseries.co.za vir volledige plekke en die puntelys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.