Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Weldoeners gee gehoor aan probleem

Sy het dikwels net met ’n glimlag in die geselskap gesit terwyl haar vriendinne gelag en grappies gemaak het.

Toe Simoné Germishuys vanjaar met gr. 8 aan die Hoërskool Fichardtpark begin het, het sy dit al moeiliker gevind om die onderwysers te hoor en die gesprekke in die klas te volg.

Simoné se ma, Ankia, sê sy het geleidelik daarvan bewus geword dat Ankia nie goed hoor nie en sukkel om gesprekke te volg. Sy sê veral toe Simoné hoërskool toe gaan en die klasse groter is, het dit moeiliker geword.

Ná vorige pogings om agter te kom wat fout is, het sy in September vir Simoné na die Deon Ceronio-gehoorsentrum geneem. Ceronio het bevestig dat Simoné se oordrom skade gekry het. Dit kom nadat sy as jong kind virale breinvliesontsteking gehad het en drie keer dreineringsbuisies in haar ore, tussen die ouderdom van vyf maande en twee jaar, gehad het.

Ankia, ’n enkelma, was bekommerd oor hoe sy ’n gehoorapparaat vir haar dogter sal kan bekostig, omdat dit nie deur haar siekefonds gedek word nie.

Sy sê egter toe sy haar nood met vriende op Facebook deel, was die reaksie ongelooflik.

Solidariteit Helpende Hand Bloemfontein-Suid het met Projek Simoné R10 000 vir ’n gehoorapparaat geskenk nadat Ankia 20 nuwe lede gewerf het.

Haar vriendin Desiree Labuschagne het in drie weke R22 000 ingesamel en ’n verfbalklub het op ’n dag by hul huis met ’n tjek ten bate van die fonds opgedaag. Sy sê daar was ook heelwat mense wat anoniem geld geskenk het.

Intussen het Willie du Plessis ’n gehoorstuk wat hy nie gebruik nie, vir Simoné geskenk.

Ankia sê hulle is besig om te toets watter apparaat die beste vir Simoné werk – daar is ’n verskeidenheid beskikbaar en hulle probeer iets vind wat haar dogter die meeste tot voordeel gaan wees. Een daarvan is ’n mikrofoon wat die onderwyser dra en ’n gehoorstuk wat Simoné dan in haar oor dra. Dit is egter nie so prakties in die klas en op die sportveld nie.

Hulle is dus besig om die ander opsies te toets.

Die gehoorstukke het egter ’n hele nuwe wêreld vir Simoné oopgemaak. Sy sê sy kan nou allerlei geluide hoor wat sy nooit eens van geweet het nie.

Sy kan gesprekke volg, hoor wat in die klas aangaan en die radio en TV in die huis is nie meer so oorverdowend hard vir haar ma, sussie en ouma nie.

Ankia sê die geld wat ingesamel is, is in ’n fonds by die gehoorsentrum wat gaan help sodat Simoné die hulp kry om optimaal te kan hoor.

Sy sê sy is dankbaar vir almal wat soveel vir haar en haar dogter omgee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.