Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Welkome reën sak uit in Bfn

Oktober het in die noorde van Bloemfontein altesaam 42 mm reën opgelewer. Daaroor is ons dankbaar. Dit is die meeste wat ons sedert April se 76 mm gekry het.

Ná die goeie bui van 33 mm wat in die eerste helfte van Oktober geval het, het ek my nuwe reënmeter – die slag ’n bloue – liewer in die koelte van die stoep gaan bêre.

Ek wou nie hê dat die versengende hitte van 35 °C en 36 °C wat my vorige rooi reënmeter in die son gaar gebak het, die nuwe blouetjie ook tref nie.

Die eintlike warm maande lê mos nog voor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.