Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wenner van motor oorstelp

’n Oorstelpte Juanita Dippenaar het Vrydag (906/12) by Be Human (Middelwater) ’n splinternuwe Ford Figo in Engo se Vir ons kinders-projek gewen.

“Ek het geweet hierdie motor gaan saam met my huis toe,” het Juanita, al die pad van Vanderbijlpark, gesê nadat háár sleutels die motor oopgesluit het.

Sy was een van vyf finaliste wie se name uit 12 067 kaartjies getrek is, om in die eindronde Vrydag te sien wie die wenner is.

Met die verkoop van die kaartjies teen R30 elk is R362 010 vir Engo se programme ingesamel. Dit sluit geldelike ondersteuning vir Engo se 33 jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen, gesinsorg en bejaardesorg in.

Soos elke jaar was Annetjie Weideman van die Welkom-jeugsorgsentrum die topverkoper. Sy het 1 237 kaartjies verkoop, selfs al het sy hierdie jaar as versorger by dié sentrum afgetree.

Die jeugsorgsentrums wat die meeste kaartjies verkoop het, is Sasolburg (1 279), Welkom (1 237) en in die derde plek Ons Kinderhuis (1 012).

Juanita het twee boekies van die Sasolburg-jeugsorgsentrum ontvang om te verkoop en besluit om dié kaartjies sommer self te koop. Sy het dus self ’n goeie bydra gemaak.

Die meeste kaartjies in vanjaar se kompetisie is tydens gholfdae en spesiale geleenthede deur Engo se bemarkingsafdeling onder leiding van Rachelle Scott verkoop.

Die finaliste het tydens die trekkingsgeleentheid Vrydag elk ’n sleutel ontvang waarmee hulle moes probeer om die Ford Figo 1,5 Ambiente ter waarde van R172 550 oop te sluit.

Die ander finaliste was Carmita de Gouveia en Nellie McIntyre van Bloemfontein, Corné Cronje van Viljoenskroon en Dries Cilliers van Heilbron. Die finaliste wat nie die groot prys ontvang het nie, is bederf met geskenkies.

Dit was vanjaar die 10de keer wat die kompetisie aangebied is.

Die Sentrale Plaaslike Koerante (waaronder Bloemnuus en Express val) was die gedrukte mediaborg vir die Vir ons kinders-projek. Die ander hoofborge was Human Auto, PWC en OFM. A Little Guesthouse het verblyf vir finaliste wat van ver gereis het, verskaf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.