Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wind krap dinge om

Teen die tyd dat lesers hierdie uitgawe in die hand het, het die meeste Bloemfonteiners al snuf in die neus: Die Augustuswinde is aan die opsteek.

Wat optimistiese somerlief­hebbers graag as die eerste roeringe van die lente wil inter­preteer, is liewer die laaste stuiptrekkings van die winter. Dit is in dié dae allermins sonskyn en blommegeur wat jou sinusse laat kriewel. In alle waarskynlikheid het dit eerder te make met stof.

Die algemene gevoel is dat die wind hierdie tyd van die jaar ’n mens skoon moedeloos waai. Dit laat die meeste mense vieserig en omgekarring.

Die dinge wat pla, is nie nood- wendig praktiese irritasies nie. Daar is wel hooikoors en krapperige oë, stof wat op vensterbanke versamel en netjies gekamde hare wat rondgepluk word wanneer jy jou neus by die deur uit steek.

Dit kan egter ook wees dat ’n reeds bedremmelde gemoed swaarder gemaak word deur dié soort onweer wat ’n gebrek aan beheer beliggaam. Te midde van die pandemie en vooruitsigte wat so onseker is, kan die uitwerking vanjaar miskien ernstiger wees as net ’n vae ongedurigheid waarop ’n mens nie jou vinger kan lê nie.

Al hoe meer mense voel uitge- lewer, skemer dit in soveel nuus- berigte deur. Mense is versigtig om siek te word. Raadop oor die inperking. Magteloos om hul onderneming aan die gang te hou. Bekommerd oor hul kinders se toekoms. Bang.

Selfs in ’n artikel inRapportmet die bemoedigende opskrif “77% werkers het hoop vir die toekoms”, waarsku ’n kundige, dr. Ina Rothman, teen die verskynsel van pretraumatiese stressindroom. In plaas van terugflitse na ’n trau- matiese voorval, ervaar mense vooruitflitse na traumatiese voor- valle wat moontlik voorlê.

Wanneer die wind van volgende week af knaend begin waai, kan dit jou dalk opval hoe ’n plastieksak mistroostig oor ’n straat waai en tussen geboue in die lug op warrel. Dit kan maklik wees om te besluit die lug is nie blou nie, omdat die bleek dynserigheid te ver opstoot van die horison af.

  • Tog, maak tyd om buite te gaan staan. As die wind so teen jou lyf stoot, raak jy deeglik bewus van hoe vas jou voete op die aarde staan, en is sy asem genoeg om jou te herinner aan dit in jou eie longe. Madré Marais is waarnemende hoofsubredakteur van Sentraal24 en die skrywer van die kortverhaalbundel Luistervink.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.