SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Wind stuit nie sukses

Ongeag sterk wind wat fietsryers swaar laat trap het, is die organiseerders van die PPA Mangaung-fietswedren wat Sondag (04/11) in Bloemfontein plaasgevind het, baie tevrede.

Sondag het 597 fietsryers aan die 108 km-wedren deelgeneem en 135 fietsryers aan die 30 km-wedren.

Die wedrenne het by die Pantserskool in Tempe begin en geëindig.

Robert Vogel, die uitvoerende hoof van PPA, sê vanjaar se Mangaung-fietswedren – wat die afgelope vier jaar in die stad aangebied word – was uit ’n organiseringsperspektief die beste.

“Daar was geen ernstige voorvalle nie en ons het goeie terugvoer van die deelnemers ontvang.”

’n Fietsryer van die span van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Donovan O’Reilly van die Oos-Kaap, was die wenner in ’n tyd van 2:46:30.

Die eerste vrou oor die wenstreep was Lauren Coleman van Port Elizabeth in ’n tyd van 2:59:32.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.