Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wyn, wiele en lewenswysheid byeengebring
Prof. Hennie van Coller (links), regter Fred Beckley (middel) en prof. Jan van Zyl kuier op Beckley se plaas, elk met ’n besonderse glas wyn in die hand. Foto: Verskaf

“Drie gryskoppe” het Sondag (11/04) tussen hul veteraanmotors en met glase wyn uit jaartalle van uitsonderlike betekenis saam­gekuier op regter Fred Beckley se plaas, Noble House, langs die De Brug-pad.

Prof. Hennie van Coller sê hy en prof. Jan van Zyl het by Beckley gaan inloer en saam met hul gades gekuier terwyl die son oor die Vrystaatse landskap sak.

Beckley is die eienaar van een van Suid-Afrika se indruk­wekkendste versameling veteraanmotors.

Met sy 1961-Jaguar MK2 3,4 liter, Van Coller se 1976-Mercedes 230/4 en Van Zyl se Volks­wagen Kewer 1600 uit 1974, het die drie wyn gedrink wat uit dié spesifieke oesjare dateer.

“Ons maak aanspraak op swygreg wat ons gesamentlike ouderdomme betref, maar dié van die motors is 152 en van die wyn 344 jaar,” sê Van Coller.

“Die glase wyn is nie getel nie, maar die satelliete wat verbygegaan het, wel – ’n volle vier.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.