Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ysterperde brul om man te help

Dit is vir hom ’n riem onder die hart, iets wat hy glad nie verwag het nie.

Só het ’n bewoë Johan Els op Saterdag 28 Julie sy dank betuig toe sowat 65 motorfietsryers van Bloemfontein ’n pak note aan hom geskenk het sodat hy weer op die been kan kom.

Die insamelingsgeleentheid by Els se vulstasie in die Generaal de Wet-woonbuurt is met gebed geopen.

Lede van onder meer die Iron Skulls, Elite Rebels, Heaths, Dogs of War en Hell Billies het hande gevat en passievol ’n seën en beskerming oor Els en sy onderneming gebid.

Flippie Olivier, voorsitter van die Motorfietsraad Bloemfontein, het die gebed gelei.

“Hou U hande oor hierdie plek,” het hy gevra.

Olivier het ook gebid dat dit ’n getuienis van die Here se voorsiening sal wees.

Daarna het hy namens 26 Bloemfonteinse motorfietsklubs ’n skenking aan Els oorhandig.

Dors Kawasaki’s, BMW’s, Suzuki’s, Harley-Davidsons en veldmotorfietse het daarna tou gestaan om ter ondersteuning brandstof in te gooi.

Nadat Els se Shell Select-vulstasie op 5 Julie die derde keer deur rowers opgeblaas is, het die Motorfietsraad Bloemfontein besluit dit is tyd om saam te staan.

Alles is vernietig en die vulstasie was weke lank buite werking.

Dit is nou met ’n tydelike stellasie heropen.

Die ses rowers wat die vulstasie opgeblaas het, is steeds op vrye voet.

“Ek is positief. Ons staan op en ons gaan aan. Hierdie is ’n baie groot riem onder die hart, dit is die laaste dinge wat ek verwag het!,” het Els ná die oorhandiging gesê.

Els, self ’n motorfietsryer, het ’n maand gelede sy Harley-Davidson verkoop.

“Ek dink dit was in die voorsienigheid dat iemand vir my gesê het om my motorfiets te verkoop. Want daai geld kan ook weer help. ’n Ou se pad is mos vir jou uitgelê.” – Cheréne Pienaar

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.