Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
17-jarige kry sy graad in fisika met ’n onderskeiding

Hjalmar Rall, die jong man van Riebeek-Kasteel wat aanvanklik sy ontwikkelingsmylpale ’n “bietjie laat” bereik het, het as 17-jarige pas sy BSc(Fisika)-graad met ’n onderskeiding geslaag.

Dít nadat hy as 14-jarige die Universiteit van Pretoria se jongste student geword het.

Hjalmar was Desember slegs een van agt studente uit die aanvanklike eerstejaarsgroep wat graad gevang het.

Vroeg in 2017 het sy ouers, Heinrich en Annette Rall, aan Gazette vertel: “Toe ons besef die hoofstroom-onderwys bied geen heenkome vir kinders met spesiale vermoëns nie, moes ons self inspring om hom te stimuleer en ’n doeltreffende studiepatroon te kweek.

“Hy het in die oggende vier ure op skoolwerk gefokus en namiddae sy ander belang­stellings uitgeleef – fotografie, robotika, programmering, tekeninge en sy eie blog.

“Hjalmar – ’n normale jong man met ’n goeie humorsin – het graad 6 tot graad 13 binne drie jaar voltooi deur ’n program van die Cambridge-universiteit te volg.”

Die gesin het na Pretoria verhuis ter wille van hul seun se studies by die Tukkies.

“Hy is darem nie ’n tipiese Sheldon (van Big Bang Theory) nie,” keer sy pa. “Hjalmar het maklik by die ander studente aangepas.”

Hjalmar – wat sy fisikagraad kan vashou nog voor hy sy rybewys kon kry – gaan vanjaar sy honneurs in fisika doen. Hierna wink verdere studies in die buiteland.

Heinrich se werk het hom toegelaat om destyds vir Hjalmar te onderrig.

“Ek help tans ’n groepie begaafde kinders om ook vinnig skool te voltooi. Ek is nou meer oortuig as ooit dat versnelde onderrig die pad is om te volg.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.