Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
2020 getuig ek woord vir woord

Daar is die ou grappie wat so gaan: Hoe eet jy ’n olifant? Met die maklike antwoord: Happie vir happie.

Met ander aspekte van ons lewe is dit ook baie waar. Hoe bou jy ’n huis? Baksteen vir baksteen. Hoe leer jy vir ’n eksamen? Bladsy vir bladsy. Sodra die groot taak wat voor jou lê in kleiner stukkies opgedeel word, raak dit dadelik moontlik om gedoen te word. Die onmoont­­like word dan moontlik.

In ons opdrag om God se getuies te wees, geld dieselfde beginsel. Oefen om die opdrag elke dag te leef. Die gedagte dat Jesus my vertrou met Sy boodskap maak my nederig, maar ook baie opge­wonde. Om te dink dat Sy genade my red – ek kan nie stilbly nie. Maar nou kom die onmoontlike. Hoe getuig ek? Sonder om geestelik hoogmoedig of verwaand of irriterend te word, of aan die ander kant om getuienis so ingewik­keld te maak dat ek nie kans sien daarvoor nie. Jesus se opdrag is maklik: In Matteus 11 sê Jesus kom leer by My, want Ek is nederig en sagmoedig van hart – ons kan sommer daarmee begin. Ons eerste twee happies is klaar – om te getuig, is om te leer by Jesus en dit dan in nederigheid en sag­moedigheid te deel. In Johannes 13 was Jesus voete en Hy sê dat as Hy dit vir ons doen hoeveel te meer moet ons dit nie vir mekaar doen nie? Dis sommer die derde happie – begin om mekaar te dien.

Hier in die tweede maand van 2020 kan ons vinnig sien dat ons ’n groot opdrag het wat baie doenbaar raak sodra ons die moeite doen om ons deeltjie elke dag voluit te doen. Dewald (NGK Caledon)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.