Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
5 verpleërs positief

Die Malmesbury-gemeenskaps­dagsentrum, wat voorheen as die Wesbank-kliniek bekend gestaan het, moes verlede week tydelik sluit nadat twee verpleegpersoneellede positief vir die Covid-19-virus getoets het.

Volgens Sandra Maritz, ’n woordvoer­der van die Wes-Kaapse departement van gesond­heid, is die dagsentrum Woensdag 24 Junie asook ’n gedeelte van Vrydag 26 Junie vir ontsmetting gesluit. Dit is intussen weer vir pasiënte oopgestel.

“Die veiligheid van ons personeel en pasiënte is van groot belang en daarom is sekere protokolle daargestel wat gevolg moet word voordat dienslewering weer kan hervat by ’n gerief nadat iemand positief vir Covid-19 getoets het,” verduidelik sy.

“Wanneer iemand positief vir Covid-19 by een van ons fasiliteite getoets het, kan die fasiliteit gedeeltelik of heeltemal gesluit word vir ’n tydperk sodat ontsmetting kan plaasvind. Op hierdie manier word die verspreiding van Covid-19 beperk. Alle personeel in die gedeelte waar die positiewe geval was, gaan deur die siftingsproses. Toetsing word gedoen indien nodig en die persoon is in kwarantyn terwyl daar vir toetsuitslae gewag word. Wanneer die fasiliteit weer oopmaak, is daar personeel aan diens wat nie ’n Covid-19-risiko vir pasiënte is nie.”

Maritz sê in die geval waar ’n gesondheidsfasiliteit vir ontsmetting gesluit moet word, word pasiënte wat gewoonlik daardie fasiliteit sou besoek na hul naaste kliniek of gemeenskaps­dagsentrum verwys.

Volgens haar het altesaam vyf gesondheidswerkers sedert die begin van die pandemie in die Swartland sub-distrik positief getoets. “Een het reeds herstel en is terug by die werk. Die res is in afsondering.”

Maritz sê behalwe vir die algemene inperkingregulasies wat nagekom moet word, word pasiënte ook gevra om waar moontlik die gesondheidsfasiliteit alleen te besoek om sodoende die hoeveelheid mense by die fasiliteit te beperk en daardeur ook die kans vir die virus om te versprei te verminder.

“Volgens die huidige vlak van inperking se regulasies moet almal se mond en neus met ’n lapmasker bedek word wanneer hulle hul huise verlaat. Dit geld ook wanneer iemand ’n gesondheidsfasiliteit besoek. Almal moet ’n afstand van 1,5 m van mekaar handhaaf en ’n hoes of nies bedek met ’n gebuigde arm of sneesdoekie. Die sneesdoekie moet dadelik weggegooi word en die persoon moet sy hande was. Wanneer jy die gesondheids­fasiliteit binnekom, word jou hande gereinig.”

Maritz vra dat enige pasiënt wat griepsimptome ervaar en dink dat hy of sy moontlik Covid-19 onder lede het eers die betrokke kliniek of dagsentrum bel voordat hul soontoe gaan om blootstelling aan ander mense te beperk. Pasiënte kan ook die hulplyn by 021 928 4102 bel.

Maritz sê mense word steeds gevra om net vir noodsaaklike mediese dienste na gesondheidsfasiliteite te kom.

“Ons ondersteun ook mense wat kroniese medikasie gebruik deur kroniese medikasie by hul huise af te lewer sodat hulle nie blootgestel word aan groot hoeveelhede mense by die gesondheidsfasiliteit wat hulle sou besoek het nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.