Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou verkoues en griep weg met dié kos

Winter bring helaas die onvermydelike mee: verkoue en griep. Jy weet reeds dat jy getrou jou hande moet was en genoeg slaap moet kry, maar het jy geweet dat dít wat jy eet jou ook kan beskerm? Maak hierdie sewe verkoue-afwerende kosse deel van jou volgende inkopielys, om jou familie se immuunstelsel ’n hupstoot te gee.

) Vark-lendestuk: Kook jy aand na aand die gebruiklike hoendergeregte? Hoekom voeg jy nie elke nou en dan die ander witvleis by jou aandete-rotasie nie? Nie alleen bevat vark-lende net so min vet soos hoenderborsies nie, maar dit het ook heelwat van die mineraal sink, wat volgens die Nasionale Gesondheidsinstituut jou liggaam se vermoë om verkoues af te weer, versterk. “Die liggaam gebruik sink om infeksie-afwerende selle te aktiveer,” verduidelik Marisa Moore, ’n geregistreerde dieetkundige en nasionale woordvoerder vir die American Dietetic Association. Volgens haar is dit hoekom kinders en volwassenes wat nie genoeg van hierdie voedingstof inkry nie, meer vatbaar is vir verkoue- en griepvirusse.

) Aarbeie: Wanneer jy rondkyk vir voedsel met baie vitamien C, koop jy waarskynlik ’n paar lemoene. Aarbeie bevat egter selfs meer van hierdie kragtige anti-oksidant as sitrusvrugte: net agt bessies voorsien die daaglikse hoeveelheid soos deur die Verenigsde State se departement van landbou aanbeveel. Ander top-bronne van vitamien C is koejawels en tamaties.

) Graan: Wanneer jy weer jou familie se gunsteling graankos of -vlokkies koop, maak seker dit het bygevoegde vitamien D. Navorsers sê dat dié voedingstof witbloedselle mag help om virusse en bakterieë te vernietig. Vir ’n selfs groter vitamien D-hupstoot, eet jou graankos met vitamien D-verrykte laevet melk.

) Brasiliaanse neute: Hierdie voedsame neut is vol selenium, ’n mineraal wat deur navorsers van die Universiteit van Edinburg as baie belangrik vir optimale immuunreaksie bewys is. Is jou familie allergies vir neute? Gebruik dan ander bronne soos salm, kalkoen en tunastukke.

) Knoffel: Volgens die navorsing wat in die joernaal Advances in Therapy verskyn, help knoffel om jou teen verkoues te beskerm. Om die smaak van hierdie wondermiddel effens meer familie-vriendelik te maak, kap dit fyn en voeg dit by disse soos sop, roerbraaidisse en pastasous.

) Joghurt: Hierdie romerige lekkerny is vol probiotika, liggaam-vriendelike bakterieë. Nie net help probiotika met spysvertering nie, maar navorsing het bewys dat dit ook die immuunstelsel versterk. Koop die soort wat “lewendige, aktiewe kulture” bevat.

) Broccoli: Dié groente is vol voedingstowwe en vitamiene soos vitamien C en sink. Broccoli en ander soortgelyke groente soos kool, Brusselse spruitjies, boerekool en blomkool bevat ’n anti-oksidant wat glutatioon genoem word, en wat volgens navorsers ’n mens se immuniteit versterk. Hou jou kinders nie daarvan nie? Stoom dit en kap dit fyn en gooi dit in bredies, rysgeregte en macaroni en kaas.

Bron: www.health24.com

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.