Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aanval ná EFF-graffiti

Net meer as ’n maand nadat die woorde “Kill the boer” met spuitverf op Tobie van Schalkwyk en sy vrou, Desiree, se voordeur aangebring is, is dié egpaar op ’n plaas net buite Porterville in die Wes-Kaap aangeval en met die dood gedreig.

Die egpaar is verlede Maandag (26 November) kort ná 21:00 deur drie mans met klapmusse en handskoene in hul huis op die plaas, De Tuin, oorval.

Desireé het gister gesê hulle gaan glad nie na die huis, waar hulle die afgelope agt maande gewoon het, terugkeer nie. “ ’n Volgende keer is ons dood.”

Hulle woon tans in ’n gastehuis in die dorp.

Volgens Desireé was die polisie sedert die aanval feitlik nog heeltyd op die plaas.

“Polisiehonde is ingespan en hulle het twee stelle voetspore gekry wat hulle na die hostel gelei het waar die seisoenwerkers woon.”

Die aand van die aanval is petrol in ’n tweeliter-koeldrankbottel oor Tobie gegooi. Desireé is seksueel aangerand en byna verkrag.

Sy het gesê Tobie het iets in sy kantoor ’n ent­jie van die huis af gaan haal. Die aanvallers het vermoedelik tóé by die hek ingeglip. Tobie is in die waskamer oorval toe hy teruggekeer het en teen die grond vasgedruk. Petrol is oor hom gegooi.

Desireé het beskryf hoe twee van die aanvallers haar op die grond vasgepen het terwyl een haar probeer verkrag het. “Ek het vir my lewe baklei.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Desireé kon ook nie sê of hul aanvallers dalk seisoenwerkers is nie.

Sy en Tobie het alleen op die plaas gewoon. Hy is die plaas se bedryfsbestuurder.

Tobie en Desiree is na die hospitaal geneem nadat hulp by die toneel opgedaag het.

Onbekende mense het ses weke voor Sondag se aanval die woorde “Kill the boer”, “Viva Juju” en “Viva EFF” met spuitverf op die plaashuis se deur geskryf.

Desireé het gesê sy was daarna vreesbevange en hulle het veiligheidsmaatreëls by hul huis verskerp. Hulle het selfs hul slaapkamer van die onderste verdieping na die boonste verdieping geskuif.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.