Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Advent 2019

In hierdie laaste maand is almal opgewonde.

Ons begin ons huise voorberei met verskillende versierings om almal wat inkom of verbystap te laat sien dat ons opgewonde is. Ons is opgewonde oor Kersfees.

Ons dink veral aan ongeveer 2019 jaar gelede waar daar ’n baba gebore is – die Koning van die wêreld wat Sy eerste aand in ’n dierekrip deurgebring het. Ek dink sommer aan al die oë wat sou rek in vandag se tyd as jy ’n pas­gebore baba in ’n krip sou plaas om te slaap. Maar Jesus is in ’n stal gebore. Jesus is begroet deur die wyse manne en Sy koningsgeskenke was goud, wierook en mirre – artikels wat baie werd was en is. Hy het soos ons grootgeword en tyd by mense langs die see, in die tempel en op staptogte deur die woestyn deurgebring. Hy was hier by ons en tussen ons.

Sy lewe is begin saam met die diere en die skaapwagters en selfs die sterre het gewys en uitgejubel dat die Koning van konings gebore is. Herodes het alles in sy vermoë gedoen om sy eie mag te behou en het selfs sy politieke mag misbruik om babas te laat doodmaak.

Maar tog het Jesus, ten spyte van al die politieke probleme, grootgeword en Hy was by Sy mense. As ons vandag begin om aan Kerstyd te dink, dan is dit om die vier blye boodskappe (Mattheus, Markus, Lukas en Johannes) nader te trek en te dink watter verhaal gaan ek, saam met my versierings en geskenke, vertel? Wat bring ek na die Koning se stal wat sommer daar in my sitkamer is? Hoe leef ek hoop, vrede,vreugde en liefde uit na die mense in my lewe?

Die Koning is hier by my – lank lewe die Koning!

Geseënde Advent vir elk. Dewald (NGK Caledon)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.