Kom geniet kuns uit die boonste rakke.
Die Suidoosterfees, wat van 27 April tot 3 Mei in Kaapstad gehou word, bied spesiale afslagpakkette aan vir besoekers wat lus is vir ’n paar dae se wegbreek na die stad.
Die fees het oudergewoonte uitstekende produksies op die spyskaart.
Daar is iets vir elke smaak met uitstekende musiek- en toneelaanbiedings, komedies, interessante gesprekke en vermaaklike aktiwiteite.
Volgens Jana Hattingh, die fees se nuwe uitvoerende hoof, is van die land se voorste talent op die feesverhoog.
“Belangstellendes kan gerus na ons feesprogram op die internet gaan kyk. Die webadres is www.suidoosterfees.co.za, en kaartjies kan deur Computicket bespreek word,” sê Hattingh.