Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Al het jy diabetes fokus op goeie

Wêrelddiabetesdag word jaarliks op 14 November gevier en dien as ’n bewusmakingsveldtog vir die siektetoestand en diegene wat daardeur geraak word.

Met die angs en onsekerheid wat die Covid-19-pandemie teweeggebring het, het dit meer druk geplaas op diegene met diabetes om ekstra versigtig te wees en op hul gesondheid te fokus. As deel van nasionale diabetesbewusmakingsmaand, wat ook in November gevier word, het Gazette met ’n plaaslike inwoner, Marianna Klaase (49) gesels oor haar ervaring met diabetes en hoe sy positief bly met die bykomende gesondheids­gevare te midde die pandemie.

Marianna vertel diabetes is in 2016 by haar gediagnoseer ná ’n besoek aan die dokter vir haar sesmaandelikse ondersoek weens kroniese hoë bloeddruk. Die dokter het haar ’n paar vrae gevra oor moontlike simptome wat gepaard gaan met diabetes en daarna haar suiker getoets wat ’n skokkende telling van 20 was.

Onmiddellik moes sy aanpassing in haar dieet en leefstyl maak. “Al die kosse en lekkernye waaraan ek gewoond was moes ek afskaal. Eet sonder om te dink aan die suikerinhoud van ’n produk was iets van die verlede. Stap het ook ’n gereelde en noodsaaklike deel van my roetine geword,” vertel Marianna.

Gedurende die staat van inperking en die uitbreek van Covid-19 moes Marianna nog beter na haar gesondheid omsien.

“Ek moes genoeg groente begin koop wat gekook kan word. Maskers was ’n moet, veral by die kliniek. Ek moes pligsgetrou my medikasie neem om my bloeddruk en suiker te beheer. Ek moes ook gedurende die streng inperkingstyd by die huis bly om enige blootstelling aan die virus sover moontlik te vermy,” verduidelik sy.

Alhoewel die pandemie ’n stresvolle tyd is, vertel Marianna sy het ’n sterk ondersteuningsnetwerk by die huis. “My man het my gehelp om gesond te eet. My familie bied baie liefde en onder­steuning. Met geloof en genade kan ek positief deur hierdie ervaring bly. Ek bly biddend en doen die beste wat ek kan vir my gesondheid”. Behalwe vir haar aansteeklike positiwiteit gee Marianna ook die volgende raad aan ander diabete. “Eet gesond. Doen oefeninge. Gebruik jou medikasie soos wat die dokter vir jou voorskryf. Kom jou doktersafsprake gedurig na. Dra jou masker. Hou ’n veilige afstand. Doen die beste wat jy kan om na jou gesondheid om te sien en fokus op die goeie in jou lewe”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.