Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Almal hartseer oor Oom Dippie se skielike afsterwe

’n Groot bron van inligting en veral ’n verlies vir die spoorweë het verlore gegaan met die afsterwe van Jan Marthinus Dippenaar.

Hy was alombekend as Oom Dippie van Botrivier.

Hy het in 1942 by die destydse spoorweg begin werk en was gestasioneer by Prince Alfred Hamlet in die Karoo.

Hy was bekend as ’n busbestuurder en het in 1946 die busdiens van Kleinmond bestuur.

Hy en sy vrou Sophy het in die Botrivier-hotel se anneks gebly. Die gelukkige egpaar het twee kinders, ’n seun Johannes en dogter Riekie, wat by Laerskool Compacta begin skoolgaan het waarna hul in Derdelaan ingetrek het.

In 1971 het hulle in ’n spoorweghuis ingetrek.

Die egpaar het na oom Dippie se aftrede in 1980 in Botrivier gewoon tot 1990 toe hulle na die Strand verhuis het.

Hulle het nog gereeld Botrivier se jaarlikse kerkbasaar bygewoon. .Ant Sophy (85) is in 2012 oorlede en Oom Dippie is 3 November oorlede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.