Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
April weer in hof oor brande

Sheldon April, wat aangekla is in verband met die verwoestende brande in Bettysbaai, het Vrydagoggend in die Caledon-hof verskyn.

April se advokaat, Elzaan Bester, het buite die hof gesê die ondersoek is nog nie voltooi nie. “Daar gaan ’n moontlike klagte van strafbare manslag bygevoeg word.”

Henry Hopkins, oudredakteur van Distrikspos, Die Wynboer en omgewing-joernalis vir Die Burger, is Maandag 18 Februarie dood as gevolg van die brandwonde wat hy in die Bettysbaai-brand opgedoen het toe hy hul labrador, Moya, probeer red het. April moet weer 17 Mei in die hof verskyn.

Hy is 1 Febru­arie borgtog toegestaan op voorwaarde dat hy elke dag van die week tussen 06:00 en 20:00 by die Eersterivier-polisiekantoor moet aanmeld. April mag glad nie sy voete in Kleinmond of Bettysbaai sit nie en is onder huisarres.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.