Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Arrogansie’ lei tot onrus

Die toegangsroetes van Bot­rivier is Woensdagoggend 30 Januarie deur betogers versper om inwoners te verhoed om na hul werk te gaan.

Dwarslêers is aan die brand gesteek en die pad is daarmee versper. Die N2 is ook as gevolg van klipgooiery gesluit.

Dinsdag 29 Januarie is ’n memorandum met griewe aan Theewaters­kloof-munisipaliteit oorhandig.

Mkhuseli Bongoza, voorsitter van Botrivier-gemeenskaps­komitee het Maandag 4 Fe­bruarie aan die Gazette gesê daar was verlede jaar beto­gings oor dienslewering en dat daar aan dié vereistes steeds nie voldoen is nie.

“Die onlangse betoging is veroorsaak deur TWK se arrogansie,” sê Bongoza. Vol­gens Bongoza het die gemeen­skap ’n vreedsame optog na die munisipale kantoor beplan om punte op hul griefskrif te bespreek. Bongoza sê die gemeenskap het ’n boodskap aan die dorpsbestuurder gestuur waarop hulle in kennis gestel is dat die burgemeester besluit het om nie met hulle te ontmoet nie. “Daar was geen redes verstrek nie en ook geen ander datum gegee vir ’n ver­gadering nie. Hierdie arrogan­sie het daartoe gelei dat die vreedsame optog na ’n betoging verander het.

Volgens Jan Barnard, direk­teur operasionale dienste, het die persepsie bestaan dat TWK nie met hulle wil vergader nie. “Donderdag en Vrydag kon ons nie met hulle vergader nie as gevolg van registrasienaweek. Dit was net nie in daardie stadium moontlik om met hulle te vergader nie.”

Die griewe is:. Dienslewering soos toilette, elektrisiteit en water. Die wyksraadslid het glo beloof hierdie dienste sal voor die plaaslike verkiesing van 2016 aangebring word; . ’n Gemeenskapsaal;. Teer van paaie, veral in fase 1 en 2;. Ekstra isiXhosa-onderwysers by Botrivier Primêr van gr. 4 en opwaarts;. Swak dienslewering by die plaaslike kliniek;. Behuising. “TWK sê hulle koop ander grond vir die mense van New France omdat dit tans op ’n vullishoop geleë is, maar hy kan nie die mense vertel waar die grond is nie. Dit laat baie vrae ontstaan,” sê Bongoza.

Bongoza sê hierdie is almal ou griewe en die komitee is deur inwoners versoek om ’n vergadering met TWK te reël.

Barnard het by navraag verduidelik sommige van die griewe is nie die munisipaliteit se mandaat nie. “Hulle wil ’n polisiekantoor hê, hulle kla oor die kliniek se diens en versoek isiXosa-onderwysers vir die kinders by die skool.”

Barnard het bevestig die ander griewe het gegaan oor behuising.

“Die behuising en elektrisiteit in Botrivier was al in ’n gevorderde stadium toe daar besef is die informele woongebied in New France is op ’n ou stortingsterrein geleë. Volgens navorsing sou dit TWK R14 miljoen kos om die stor­tingsterrein te rehabili­teer.”

Barnard sê die raad het alternatiewe grond geïdenti­fiseer, maar in hierdie stadium kan dit nog nie bekendgemaak word nie, want die papierwerk is nog nie afgehandel nie.

“Beplanning moet gedoen word en dienste moet aange­bring word. Die inwoners versoek tydlyne, maar daar is onrealistiese verwagtings en eise.”

Volgens Barnard versoek inwoners van New France elektrisiteit. “Maar omdat hulle op ’n stortingsterrein gevestig is, stel dit gasse vry. Eskom beskou dit as ’n seker­heidsrisiko om tans krag dáár te installeer.”

Barnard meen volgens die beplanning wil TWK binne die volgende drie jaar die mense na die nuwe terrein skuif.

“Ons probeer die prosesse verduidelik wat die ontwik­keling en beplanning van die grond behels en het al vele gesprekke met die gemeenskap hieroor gehad.”

Hy sê die verwagting was geskep dat TWK die opgra­dering van die informele woongebied sou doen.

“Hulle sou water, riool en krag gekry het. Maar toe kry ons die groot nekslag ná die omgewings­impak­studie gedoen is.”

Barnard sê dit het die hele beplanning van New France totaal omvergegooi en dit is wat die ongeduld by die gemeenskap veroorsaak.

“Die mense moet net bietjie vasbyt dat ons die beplanning doen, die dienste installeer en dan skuif ons die mense.”

Barnard sê Christelle Vosloo, uitvoerende burgemeester van TWK, het Dinsdag 29 Januarie met die gemeenskap gepraat, maar die paaie is steeds Woens­dag toegemaak. “Ons het menseregte gevra vir onaf­hank­like fasiliteerders en drie is gestuur wat eers met die gemeenskap gepraat het.’

Die direkteur sê Woensdagmiddag het Vosloo en Isaac Sileku, die onder­burgemeester, die gemeenskap toegespreek oor die griewe. Vosloo en Sileku het Woensdag van 16:30 tot na 19:00 met die gemeenskap gepraat

“Daar is besluit om ’n komitee saam te stel wat die gemeenskap se griewe in detail sal bespreek. Die gemeenskap was tevrede oor die pad vorentoe en dat TWK met die komitee sal vergader.”

Die menseregtekommissie het gehelp dat gemoedere bedaar het. Barnard verduidelik hulle sou aanvanklik Donderdag vergader, maar toe is die menseregtekommissie nie beskikbaar nie.

Gister om 16:30 sou TWK met die komitee en die menseregtekommissie se fasiliteerders ontmoet oor die pad vorentoe. “Hulle sal die besluite wat geneem word moniteer en toesien dat die besluite op die lang termyn uitgevoer word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.