Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Babalykie gekry

’n Munisipale werker van Riebeek-Kasteel het op ’n gruvonds afgekom toe sy die lyk van ’n pasgebore babaseun naby ’n blou vullisdrom agter ’n kerk gevind het.

Volgens ’n polisiewoord­voerder is dié skokontdek­king omstreeks 07:20 Woensdag 5 Februarie onder die Riebeek-Wes-polisie se aandag gebring.

Die munisipale werker was besig om ’n munisipale sloot skoon te maak toe sy die baba opmerk. Met die polisie se aankoms was daar reeds baie omstanders op die toneel. Nooddienspersoneel van die Swartland-ambulansdiens in Malmesbury is ook ontbied en het die babaseun met hul aankoms dood verklaar. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Nog geen verdagtes is geïdentifiseer of in hegtenis geneem nie.

Die Riebeek-Wes-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap of familielede om na vore te kom met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan help. . Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Johnson by 022 461 8100 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.