Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beampte staar bedrogklag in gesig

’n Finansiële adviseur van Paarl-Oos wat van bedrog aangekla is, het 14 Februarie in die Paarl-landdroshof verskyn.

Die saak is egter tot Dinsdag 12 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Mark Johnson (48), ’n inwoner van Paarl-Oos, het die beweerde misdryf tussen 6 Maart en 19 September 2018 gepleeg.

Personeel van Frank Pietersen-musieksentrum in Sanddriftstraat het met skok verneem dat geld verdwyn het.

Dit is tóé dat ’n ondersoek van stapel gestuur is na aanleiding van die bewerings.

. Johnson was voorheen ’n makelaar en ’n klerk by ’n sekondêre skool in Paarl-Oos.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.