Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beamptes loop ekstra myl vir hond

Terwyl die Grabouw-polisie Maandag bontgestaan het met die betoging en die sluit van die N2, het twee van hul personeellede blitsig gereageer om ’n desperate inwoner van Grabouw te help.

“My man het Maandag voor 06:30 by ons erf uitgery toe ons twee poolhonde by die hek uitgeglip het om in die buurt rond te hardloop, iets wat hulle glad nie probeer wanneer ek tuis is nie,” vertel Amanda de Meillon wat by ’n vriendin in Somerset-Wes gaan kuier het.

“En wanneer hulle moeg is van al die rondhardloop, kom sit en wag hulle voor die hek om weer ingelaat te word.”

Amanda vertel terwyl haar man en kinders die honde probeer oorreed het om huis toe te gaan, het Jade voor ’n voertuig ingehardloop en is sy raakgery. Sy voeg by dit was glad nie die bestuurder se skuld nie.

“Jade se een poot het blykbaar erg gebloei en my man het haar by die huis afgelaai om gou die kinders by hul skole in Helderberg af te laai en dadelik omgedraai om Jade veearts toe te neem.”

Amanda vertel die N2 is egter intussen gesluit weens die betoging. “Nie een van ons sou betyds by Jade kon uitkom via ’n ander roete nie.

Haar man het haar laat weet dat Jade beseer is, maar dat hy waarskynlik nie betyds na Grabouw sou kon terugkeer as hy via Kleinmond moet ry nie.

“Ek was in ’n toestand en het vir Mavis Ntoyake by die Grabouw-polisie gebel om te vra of sy aan ’n manier kon dink om Jade te help.” Mavis het toe vir Emce Jacobs, ook ’n personeellid van die polisie, gevra om haar te help om Jade by die Grabouw-dierehospitaal te kry. Hulle sou Emce se bakkie gebruik en ek moes net bel om te sê hulle is op pad met Jade.

Daar is X-strale van Jade geneem om die omvang van haar besering te bepaal en teen Maandag was almal nog onseker oor die uitslag. Ek het nooit verwag dat sy haar ou self sou wees nie.”

Amanda glo vas dat Mavis en Emce hul kosbare Jade se lewe gered het deur hul blitsige en onbaatsugtige reaksie. “Grabouw-dierehospitaal het ook onmiddellik gereed gestaan en vir Jade behandel en ons die hele tyd terugvoer gegee. Ons is dankbaar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.