Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaarde dood ná perd hom van voete stamp

’n Bejaarde inwoner van Genadendal is dood nadat hy deur ’n perd gestamp is. Dié voorval het Saterdag 2 Maart gebeur.

“Dit was ’n 14-jarige seun wat die perd gery het,” vertel AO Eben Duminy, waarne­mende stasiebevelvoerder van Genadendal-polisie. Duminy sê die man het glo in die pad gestap en was blykbaar onder die invloed van alkohol.

“Hy is na die Caledon-hospitaal geneem vanwaar hy na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas is. Hy is Sondag 3 Maart dood as gevolg van sy beserings.”

Duminy sê die voorval word ondersoek en ’n geregtelike doodsondersoek is ingestel.

Gerald Michaels, ’n inwoner van Genadendal, vertel die perde loop dikwels tussen 02:00 en 03:00 deur die dorp. “Ek het dié probleem al onder die aandag van wetstoepassing in Caledon gebring,” het Michaels gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.