Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaardes kom byeen vir lekker samesyn en kos

Meer as 165 bejaardes is Woensdag met ’n heerlike driegangmaaltyd by die Yzerfontein-gemeenskapsaal bederf.

Dié inisiatief is in 2017 begin nadat Jaco en Francois Joubert, hul buurvrou, Emmerentia Botha, en haar ma, Ronel Mostert, besluit het hulle wil iets vir die ouer mense van Yzerfontein doen sodat hulle spesiaal kan voel.

“Dit sou aanvanklik ’n visbraai op ons bure se stoep gewees het. Ons het gereken hier behoort nie meer as 15 bejaarde inwoners van 75 jaar en ouer in Yzerfontein te wees nie . . . totdat ons besef het hier is heelwat meer in daardie ouder­dom­sgroep,” vertel Jaco.

By die eerste ete was 120 gaste en oor die twee jaar het die getalle aanhou groei en is die gemeenskap se hulp ingeroep om seker te maak die dag is lekker vir die oues van dae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.