Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bejaardes kry hulp

’n Gebruikersvriendelike vorm is onlangs vir pensionarisse saamgestel wat hulle kan help om aansoek te doen vir waardasiekorting op hul eiendomsbelasting.

Dít kom na onlangse samesprekings tussen Swartland-munisipaliteit en die Yzerfontein-inwonersvereniging.

Die dokumente wat vereis word van inwoners om aansoek te doen, is ook aangepas en vereenvoudig om sodoende ook die onkostes so laag as moontlik vir aansoekers te hou.

Die inkomstevlakke en kortings vir die effektiewe finansiële periode van hierdie beleid is soos volg:

. Indien ’n inwoner ’n maandelikse huishoudelike inkomste van R12 000 verdien, ontvang hulle ’n 100% korting, maar as die inwoner meer as R12 000 verdien kwalifiseer hulle vir ’n 75% korting.

Die raad word gemagtig in terme van die Swartland munisipale eiendomsbelastingbeleid van 2018 om die betrokke waardasiekorting wat R300 000 vir die huidige boekjaar is, toe te staan. Daarby is die ouderdomsperk ook in die beleid van 65 na 60 verminder. Gedurende die begrotingsproses sal die raad ’n kortingsbedrag vir die komende periode bepaal. Die korting is van toepassing op inwoners wat hulle huise as normale tuistes bewoon, maar vruggebruikers van wonings voldoen aan die bewoningsvoorwaarde in terme van dié beleid.

Aansoeke geld vir die komende boekjaar wat van 1 Julie 2019 tot 30 Junie 2020 strek en kwalifiserende inwoners moet onder andere 60 jaar of ouer word gedurende daardie tydperk.

Hoewel die keerdatum vir aansoeke reeds 30 September verstryk het, het die munisipaliteit ingestem om die datum tot 19 Oktober te verleng.

Die vorm vir die korting op eiendoms­belasting is by die Swartland se munisi­pale kantoor of biblioteke beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.