Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende boer oorlede

’n Bekende Swartlandse boer en pa van drie het die naweek tragies in ’n motorongeluk gesterf.

Pieter Loubser (35) is Vry­dag­nag in ’n motorongeluk op die Bloemendal-pad tussen Darling en die N7-hoofweg oorlede.

Loubser was veral bekend in die landboukringe as ’n sim­men­taler-boer en het met friesperde geskou.

Loubser was getroud met Brenda en saam het hulle drie klein dogtertjies. Hy was ’n oudleerder aan Boland Land­bou­skool en is deur die wat hom goed geken het as ’n leier beskryf.

“Hy was ’n gentle giant, ’n stil, diep man,” het iemand na aan die familie hom beskryf.

Medelye het ook op Facebook ingestroom. Die SA Vlaamperd­genootskap het geskryf: “Die Vlaamperd­genootskap betreur die heengaan van Pieter Loubser. Hy het fries geskou, by sy oupa geleer en die tradisie voortgesit. Ons harte gaan uit na Brenda en hulle drie pragtige dogtertjies asook sy familie. Ons bid dat God jul sal vertroos en dra in hierdie moeilike tyd.”

Die Friesperd-telersgenoot­skap van Suid-Afrika sê: “Dit is met groot hartseer dat die kantoor gisteraand verneem het dat Pieter Loubser van die Imhoff-stoet oorlede is. Ons innige simpatie aan Brenda, sy dogters en familie. Julle is in ons gedagtes en gebede.”

Sy pa, Johan, was Maandag nog te emosioneel om met Gazette te praat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.