Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende in polisie-kringe lê tuig neer

’n Bekende in die plaaslike polisiekringe het ná 38 jaar die tuig neergelê.

Luitenant-kolonel Niels Nilsson, voormalige stasiebevelvoerder van die Malmesbury-polisiekantoor, het einde Januarie die polisiediens gegroet.

Hy het as jongeling sy loopbaan in die strate van Stellenbosch en Kaapstad begin om misdaad te beveg.

Daarna was hy vir helfte van sy loopbaan werksaam by die sigbare polisiëringseenheid in die Wes-Kaap se provinsiale polisiekantoor en was ook die provinsiale reservis-koördineerder.

’n Hoogtepunt in sy loopbaan wat hom altyd sal bybly, is toe hy deur een van die vorige presidente geroep is tot ’n lyfwag.

’n Laagtepunt was die moord op ’n kollega.

“Om te staan by die liggaam van ’n kollega wat in die kop geskiet is, waar hy onder ’n polisiesel-kombers lê met blinkgepoetse stewels en ’n stroompie bloed wat in die pad afloop.

“Jy vra jouself: Watter vermorsing van ’n lewe? Hoe kan jy die familie gaan sien met só ’n prentjie in jou kop,” herroep hy die oomblik.

Nilsson was ook gedurende sy loopbaan betrokke by die samestelling van die algemene riglyne vir die dienssentrums (“CSC Guidelines”) wat deur die Europese Unie geborg is en aan elke gemeenskapdienssentrum in die land gelewer is.

Die laaste amper tien jaar van sy loopbaan was hy aan stuur van sake as stasiebevel­voerder by die Malmesbury-polisiekantoor.

Hiér was die Door2Door-projek waar kerke strate met hoë misdaad aangeneem en die gesinne bedien het, ’n hoogtepunt.

Oor sy 38 jaar in die polisie sê hy: “My motto was altyd om alles in my vermoë te doen om Suid-Afrika ’n veilige plek vir myself, my vrou, my kinders, toekomstige kleinkinders en al die inwoners van die land te maak.”

Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor sy kollegas wat oor die jare saam met hom gewerk het.

“Die meeste het ’n impak op my loopbaan gemaak en ek hoop ek het dieselfde vir julle gedoen. Ek bedank ook die gemeenskap en sakeondernemings vir hul positiewe gesindheid. My vrou verdien ’n medalje vir al die dae wat sy alleen moes regkom terwyl ek misdaad beveg het.

“Laastens, alle eer aan die Heer wat my lewe oor die jare gespaar het en sy beskermengele verplig het om oortyd te werk om my en my kollegas te beskerm wanneer ons die kriminele in moeilike tye agtervolg het.

“Ek wens u alles van die beste toe en God seën u almal met u roeping.”

. Lt .kol TM Hlomza dien sedert Nilsson se uittrede as waarnemende stasiebevelvoerder van Malmesbury-polisiekantoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.