SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Bekende winkeleienaar sterf

’n Bekende winkeleienaar van Montagu, MD Habbib (34), is Donderdagoggend op slag in ’n botsing dood.

Dié ongeluk het naby die plaas La Colline, net buite Robertson, plaasgevind.

Die Robertson-polisie het die voorval bevestig. Volgens die polisie het dié ongeluk omstreeks 03:30 plaasgevind.

Habbib se wit Fortuner het reg van voor teen ’n vragmotor gebots. Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen.

Medelye en boodskappe van simpatie het op Facebook ingestroom toe nuus oor die botsing bekend geword het. Habbib was die eienaar van drie winkels in Montagu: Busy Corner, Ashbury Superette en Foodzone.

Hy was onderweg van Kaapstad na Montagu toe die botsing plaasgevind het. Volgens ’n vriend van die oorledene, Tito Islam, is Habbib oorspronklik van Bangladesh en woon hy van 2006 in Montagu. Islam sê Habbib was ’n ware heer. “Hy was ’n goeie ou, baie gaaf en glad nie ’n geweldda­dige persoon nie, beslis ’n gentleman.”

Islam sê hy sal alles van sy vriend onthou. “Ek gaan na hom verlang, want hy het werklik ’n mooi geaardheid gehad,” sê hy.

Volgens die polisie is ’n saak van strafbare manslag geopen en ’n geregtelike doodson­dersoek sal gedoen word.

. Habbib se begrafnis was Sondag 4 November in Kaapstad. Sy liggaam is gister (Maandag) na Bangladesh geneem. Hy laat sy vrou en dogter agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.