Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Betogers ‘keer’ Darling om

Altesaam nege mense is weens open­bare geweld in Darling in hegtenis geneem nadat hulle Sondagaand (24 No­vem­ber) begin het om paaie te versper en skade aan eiendom aangerig het.

Volgens Darling-polisiewoordvoerder, sers. Johnatan Filander, het die Swartland-munisipaliteit ’n aansoek toegestaan vir ’n optog gister (Maandag 25 November) om 05:00. Die betoging gaan glo oor dienslewering en behui­sing. “Betogers het egter al Sondagaand 23:00 begin om paaie met brandende bande te versper. Toe die polisie pro­beer om met die betogers te onderhan­del, is hulle met klippe bestook.”

Filander sê skade is ook aan polisievoertuie aangerig. Die polisie se eenheid vir openbare orde se hulp is ingeroep. Rubberkoeëls is gebruik in ’n poging om die skare uiteen te jaag.

Die betogers sou gister ’n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig, maar het glo geweier om dit te oorhandig omdat Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, nie self daar was om dit te ontvang nie. Hulle het ook na die polisiekantoor opgeruk en die vrylating van die nege mense wat in hegtenis is, geëis.

Talle winkels in die dorp was Maandag gesluit en ingange na die dorp was steeds versper.

’n Sterk polisieteenwoordigheid met drie njalas was teen druktyd nog sigbaar in die dorp en die situasie was steeds gespanne.

’n Inwoner het ook Maandagmiddag ’n klag van opsetlike saakbeskadiging by die polisie ingedien nadat haar dak “vol gate gegooi is”, het Filander gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.