Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beweerde W’ton-moordenaar in hof

Die man wat van die moord op Chantell Matthysen (21) beskuldig word, het Woensdag 4 Junie in die Wellington-landdroshof verskyn.

Matthysen is met ’n tou verwurg en haar liggaam is Dinsdagmiddag (2 Julie) op ’n plaas naby Bergrivier onder boomtakke gevind.

Johan Williams (42) het na bewering vir Matthysen, wat in Kuilsrivier gewoon het, gelok na Wellington met ’n werksgeleentheid as ’n pakker op ’n wynplaas buite Wellington.

Sy het 23 Junie van Kuilsrivier na Wellington met ’n trein vir die “werksgeleentheid” gereis.

Volgens die slagoffer se ma, Carol Petersen, het haar dogter haar laat weet dat sy veilig daar aangekom het en dat Williams haar daar ontmoet het.

Sy het egter bekommerd geraak toe sy ’n boodskap van Matthysen van Williams se foon af gekry het. Dié boodskap was blykbaar in “hoë-Afrikaans” maar volgens Petersen was haar dogter Engelssprekend.

“Sy sou nie die woord ‘behulpsaam’ gebruik het nie,” het sy gesê.

Sy het vertel dat sy en haar man na Wellington gereis het om haar dogter te gaan soek en het toe vir Williams gekonfronteer. Hy het hulle glo na ’n ander plaas gestuur waar hy gesê het Matthysen het nagskof gewerk.

“Toe ons by die plaas aankom, het werkers vir ons gesê hulle ken nie my dogter nie en dat hulle nie eens verpakking doen nie, maar met wingerdstokke werk,” het sy verduidelik. Toe hulle teruggekeer het na Williams se wendyhuis het hy gevlug.

Matthysen se ma het haar 27 Julie as vermis by die Wellington-polisiekantoor aangemeld. Williams was ook vermis tot sy inhegtenisneming. Hy het op vier aanklagtes in die hof verskyn: Moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en twee aanklagtes van verkrag-ting. Volgens Stellenbosh & Paarl Gazette se susterskoerant Die Burger hou die aanranding- en verkragting-aanklagtes verband met die aanranding en verkragting van sy eksmeisie 27 Junie. Die saak is tot 13 Julie uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.