Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boek-opbrengs moet vroue help

n Pastoor van Cloetesville hoop om mishandelde vroue en kinders te help deur middel van die opbrengste van ’n selfgepubliseerde boek.

Deur God Deurgege e bevat aanhalings van Bybelverse waarna pastoor Ashley Cupido ’n kort ontleding en uiteensetting van die verse gee. Dit is in dagboekvorm van 1 Januarie tot 31 Desember geskryf. “Jy gaan dit nie elders kry nie. Dis wat ek van die Here gekry het.”

Cupido, van New Life in Christ Revival Ministries, sê egter dit gaan nie oor geloof of aan watter kerk jy behoort nie, want “geweld teen vroue en kinders strek oor die hele gemeenskap”.

Cupido hoop om met die boek se opbrengste ’n veilige hawe vir vroue en kinders in Cloetesville te bou. “Ek het ’n passie vir die gebrokenes van hart. Ek het ook al daardie pyn en seerkry ervaar en het empatie met die mense wat mishandel word.”

Volgens Cupido het mishandelde vroue soms nie ’n keuse nie en moet hulle terugkeer na daardie omstandighede, dus wil hy hulle vir drie maande by die veilige hawe huisves. “Dis om hulle weer hul identiteit te gee, om hul menswaardigheid te herstel en om hulle as heel mense in die gemeenskap terug te kry. Dit sal toeganklik wees vir almal en beteken nie hulle sal ná drie maande uitgesit word nie.”

Hy is reeds in gesprek met die Universiteit Stellenbosch se departement van maatskaplike en sielkundige dienste sowel as ander professionele mense om bystand te lewer.

Cupido het sy dank teenoor Ricardo Lodewyk, ’n voormalige bendelid van Cloetesville, wat die boek ontwerp het, uitgespreek.V Die boek kos R150 en kan by Cupido bestel word by 079 516 8322 of per e-pos by ashleycupido1964@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.