Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boekefees met politieke pitkos sal lank onthou word

Die Montagu-boekefees 2019 was ’n fees om te onthou en die organiseerders sê komplimente en gelukwense stroom in.

Dit was van die openingsgeleentheid waar prof. Jonathan Jansen die gehoor aan sy voete gehad het tot die laaste paneelbespreking Sondagoggend in die Museum-sendingkerk ’n spesiale belewenis, sê feesgangers.

Die Vrydag se politieke paneelbespreking was een van die hoogtepunte, en meer as 150 mense het dit bygewoon.

Die paneel het, tesame met Jansen, onder andere ingesluit prof. Christi van der Westhuizen en Jan-Jan Joubert. Hulle het diep in die spreekwoordelike politieke kristalbal gekyk en die gehoor met baie pitkos nagelaat om self oor te dink.

Die fees het vanjaar talle fasette gehad en het iets vir almal ingesluit.

Montagu kon ook die eerste keer installasiekunsuitstallings sien, wat by die opening van die Boekefees bekendgestel is. Die kunstenaar Jean Theron Louw, met haar werk “My African Wild Dog”, het gehore aan die hart geruk. Temas soos oorbevolking, geweld teen vroue en kinders, plaasmoorde en xenofobie is op ’n kreatiewe manier deur hierdie kunstenaar beklemtoon.

Die Boekefees is vooruitgegaan met die Woord en Kos-winterfees wat van 22 tot 25 Julie gehou is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.