Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bonnievale-wyne triomfeer by Franse kampioenskap

Teen die heuwels van die Breëriviervallei lê die dorp, Bonnievale, reeds bekend vir sy wingerdbou­kundiges se passie en die uitstekende gehalte wat die wingerde lewer.

Diegene wat reeds hierdie juweel ontdek het, kan hiervan getuig. En weer eens is die wynkelder uitgesonder vir hierdie toewyding in ’n gerespekteerde Franse kampioenskap.

Dis beduidend dat die toppresteerders in die Gilbert & Gaillard-toekennings deur twee wyne beklee word, wat met hul vrystelling Bonnievale se mondigwording bevestig het: die Bonnievale Limited Release Chardonnay 2019, wat ’n goue medalje gewen het en die Bonnievale Limited Release Cabernet Sauvignon 2017, wat ’n allemintige 91/100 punte behaal het.

Die twee wyne is aan Gilbert & Gaillard voorgelê – ’n aanlyn gids wat op wyn in Frankryk en 22 ander lande fokus – en is ’n belangrike maatstaf vir gehalte. Dit is geen geheim dat Frankryk as een van die wêreld se voorste produsente van gehaltewyn gereken word nie.

Al die wyne is blind deur Gilbert & Gaillard geproe – met ander woorde die paneel het nie die produsent se naam gesien nie.

Die paneel het die geure van die cabernet sauvignon beskryf as rooivrug, swart- en braambessie met effense spesery ondertone. “ ’n Medium tot volronde wyn met ’n boeiende smaak en talmende suur,” lui die proeverslag. “Met ’n blywende einde, greinerige tanniene en baie vrug kan die wyn dadelik geniet word of verouder vir ’n paar jaar.”

Vir die chardonnay het die beoordelaars aromas van ryp peer en sitrus geïdentifiseer. “ ’n Romerige en ryk wyn met baie sekondêre geure van marmelade, gedroogte vrugte en ’n vars en vruggedrewe afronding. Die suur is lewendig. ’n Wonderlike voorbeeld van die streek. Drink nou, maar sal baie goed verouder.”

Hierdie kommentaar word deur Marthinus Rademeyer, Bonnievale-wyne se hoof-wynmaker en produksiebestuur­der, verwelkom. Van meet af was die fokus op toppresterende wingerdblokke en dat dit in die wyne weerspieël moet word.

“Die wyne moes spreek van die sorg wat geneem is om die wingerde te koester en die aromas, geure en tekstuur van die vrugte van die wingerd tot die bottel te behou,” sê hy.

Die wyn vir die Limited Release Cabernet Sauvignon 2017 is ná die wynmaakproses vir 18 maande in Franse- en Amerikaanse eikehout verouder. Die wynmaker se proenotas stel voor dat dit op sy eie gedrink word, of alternatiewelik as ’n pasmaat is vir wildsgeregte en rooivleis.

Chardonnay is lank reeds die ster in die Bonnievale-portefeulje. Die Limited Release 2019 is vir sewe maande in Franse eikehoutvate verouder. Dit kan met eend, vark of ’n bord verouderde kaas geniet word.

Die wynkelder lê aan die buitewyke van Bonnievale, sowat 200 km oos van Kaapstad en het ’n besoekersentrum wat die volledige reeks vertoon.

Die wyne wat hier gemaak word, is landwyd verkrygbaar en kan van Bonnievale wynkelder se aanlyn winkel by www.bonnievalewines.co.za bestel word.

Vir nog inligting oor Bonnievale Wines, besoek die webwerf, bel 023 616 2795 of stuur e-pos na info@bonnievalewines.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.