Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Botsings op paaie bly ’n groot bekommernis vir almal

Die botsings van die afgelope twee weke is ’n groot bekommernis vir inwoners van Drakenstein.

In hierdie botsings is niemand ernstig beseer nie, maar van die beseerdes is na nabygeleë hospitale gehaas.

Twee vragmotors was Donderdag 29 Augustus in ’n kop-aan-kop-botsing tussen Hugenote-tonnel en die tolplaza op die N1 betrokke.

Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof is niemand ernstig in die voorval beseer. Hoe die ongeluk plaasgevind het, is steeds onduidelik.

Een van die bestuurders is in Paarl-hospitaal behandel, terwyl die ander bestuurder in die Mediclinic Paarl opgeneem is.

In ’n tweede botsing Vrydag 31 Augustus kort ná 12:18 op die hoek van Ambagsvalleistraat en Jan van Riebeeckrylaan, het ’n bakkie vermoedelik in die vragmotor vasgery.

Volgens ooggetuies op die toneel het die vragmotor in die rigting van Jan van Riebeeck gedraai toe die bakkie hom tref. Die twee insittendes van die bakkie is na die hospitaal geneem.

’n Vragmotor het Sondag 2 September in gietende reën om 06:00 naby die pad by Val de Vie glo beheer oor sy voertuig verloor. Die vragmotor het omgekantel. Die Paarl-ambulans is na die toneel ontbied, waarna die bestuurder in Paarl-hospitaal vir ligte beserings behandel is.

Met dié voorval is die verkeervloei vir ure beïnvloed totdat die pad teen 15:20 vir padgebruikers oopgemaak is.

Teen 22:15 het die vragmotor steeds op sy sy op die sypaadjie gelê.

Omstreeks 20:00 Sondag 2 September, het nóg ’n botsing op die Swawelsterd- en Sonstraalpad plaasgevind.

Hierdie keer het die voertuig op sy dak te lande gekom.

Die bestuurder het glo te voet van die toneel gevlug.

Op Maandag 3 September het nog ’n botsing kort ná 03:35 op die N1 oorkant Simonsvlei plaasgevind. Die bestuurder van die voertuig is met ernstige kopbeserings na die hospitaal gehaas.

Bestuurders word aangemoedig om versigtig te ry en moet ten alle tye probeer om ongelukke te voorkom.

Wenke wat kan help om ongelukke te voorkom:

. Wees veiligheidsbewus en moenie spoedgrense oorskry nie.

. Sit jou veiligheidsgordels aan om veiligheid te verseker.

. Hou die padtoestande en instandhouding van paaie dop.

. Wees versigtig by kruispaaie.

. Moenie drink en bestuur nie.

. Moet ook nie bestuur wanneer jy moeg is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.